TEMMERS VAN DIE WOESTYN REEKS - SIRKEL BOEKE
Hierdie reeks verhale speel af tussen die jare 1880 - 1890, in die omgewing van Kuruman, Kimberley, Barkly-Wes en Hebron (later Winsorton). Dit was jare waar onrus en wetteloosheid aan die orde was van die dag. Ten weste van Kimberley, wat toe gebloei het vanweë die ontdekking van diamante in die sestiger jare, was die wêreld nog onbewoond en onbeskaaf. Maar ver van die hart van Kimberley af, in die onherbergsame Noordweste, het die diamantkoors ook hoog opgevlam en sy talle slagoffers geëis. Die opbloeiende smokkelhandel in die blink klippe het geharde en taai manne die wreedheid van die woestyn laat trotseer. Wit watente of lang muilkaravane het oor die sandstroke van die Kalahari heen gerol, onderweg na die grens van Suidwes. Honderde manne het in diens van die geldgod in die woestyn se warm sand omgekom, van honger of van dors. Baie het ook gesterf aan die hande van sluipmoordenaars. Hulle het nie geskroom het om die bossie- en bergwêreld, van die Rooiberge af tot in die dorheid van die woestyn, met mensebloed te bevlek nie.
Duisende tente het langs die Vaalrivier verrys en mense het daar saam gedrom, op jag na die skittering wat enige oomblik uit die sand opgedelf gaan word. Vanaf Kimberley, met sy verskeidenheid van nasies en sy bont mengelmoes van mense en tale, sy stinkende kroeë en hotelle, waar dansmusiek tot laat in die aand die rooiwyn vinniger laat vloei het, met sy vet fortuinsoekers, dronk van die gif van Mammon, tot by Kuruman, Barkly-Wes en in die land van die Griekwas, was die geweer, die rewolwer, die vuis en die dolk meermale die enigste erkende wet. Die vinnigste en die slinksste het vet, ryk en sterk geword, terwyl die swakkeres onderdruk is. Hierdie tydperk kan tereg na verwys word as Suid Afrika se eie “cowboy” era, waartydens geen genade gevra of betoon was nie. Dit was ʼn harde tyd vir almal en daagliks was dus ʼn verbete stryd om oorlewing.
VOORBLAAIE VERSAMELING
40 Items
Engel van wraak
Bloed oor die Molopo
Wandelaar in die nag
Gif vir die hart
Wit Koning van die Boesmans
Die wind beveel
Die wolf
Moordenaar in wit
Waar die kraai waak
Vlamme teen die horison
Die verwoester
Sluipers in die nag
Die perdedief van Grootrivier
Wind oor haar graf
Die skatte van Oewerplaas
Gestaltes in die skemer
Nag van verskrikking
Lantern in die nag
Spanning op blinkklip
Nag van wraak
Spore in die sand
Die dal van vrees
En hoër styg die waters
Skaduwees op die krans
Die halfmaanspoor
Die nag het oë
Ruiters in die nag
Vrees is my erfenis
Sandpad van die dood
Vlam van hartstog
Die nagwind ween
Die skat van Hans Hanssen
Lied van die klowe
Bloedspoor na die berge
Wolke voor die maan
Swart wolk oor die Kalahari
Duiwels van die duine
Die wurgbende